youtube


Magazine Issue

>

December 2010

Die Kriek



Source: Eben Dowd

Click to enlarge

Die Kriek
Dit is laatmiddag op 'n Vrydag toe ek voor Brookwood Hengeloord se ontvangs deur Dave gestop word. Ek stel myself voor. Dave sê: "Die naam lui 'n klokkie." "Ja," antwoord ek, "Dit is my kompetisie!" Hoe vreemd het dit nie vir my geklink nie! Dit was egter die reine waarheid. Die hengelgemeenskap het onder aansporing van Gordon van der Spuy en Charles Stewart van Angling Pro Shop in Pretoria besluit om 'n hengelkompetisie te reël met die uitsluitlike doel om geld in te samel om ons van ons groot skade te help herstel.
Brookwood is 'n pragtige plek; die damme is silwerskoon en omring deur groen grasperke. Groot bome vorm die agtergrond en plek-plek is daar pragtige waterplante wat goudgeel blom. Oral staan bankies en tafeltjies wat bydra tot die rustigheid wat oor die omgewing hang. Langs die damme was verskeie hengelaars reeds besig om te hengel. Die damme het van die vis gewemel; op verskeie plekke het vis op die oppervlak kos gegryp en teen die kant kon ek elke nou en dan een sien swem. Sommer gou het ek 'n sekelstok gewaar en nader gestaan om 'n foto te neem. Deur die loop van die aand het daar heelwat forel op die kant beland. Dié visse is gou deur werknemers van Brookwood na die klubhuis geneem om te weeg en te slag.
Ek het een van Vernon se stokke vir swaer Rudolf geleen en vir Gordon gevra om hom net so bietjie te help aangesien hy jare laas 'n lang lyn gegooi het. Groot was my verbasing toe daar 'n bietjie later 'n pragtige vis by ons uitspanplek op die gras lê! Ek het natuurlik vir Rudolf en Gordon gevra watter vlieg hulle gebruik het. Volgens Gordon was dit een van die naaldekokerlarwes in my vliegkassie. Dit was vir my effens snaaks want daar is net miniatuur-naaldekokerlarwes in my geelviskassie. Later die aand het ek die vlieg afgehaal om die stok te bêre en sien toe dat hulle in die swak lig 'n swart kriek vir 'n naaldekokerlarwe aangesien het! Gordon is 'n man wat nie op sy mond geval is nie en sal natuurlik nou iets sê in die lyn van: "Kannie help dat jou krieke soos naaldekokerlarwes lyk nie!"
Te gou was die hengelsessie verby en was dit tyd vir die prysuitdeling. Hieroor wil ek nie veel sê nie aangesien Johan "Pottie" Potgieter volledig daaroor gaan berig. Wat egter vir my uitgestaan het, was Paul Roux se ongelooflike gebaar aan my. Hy het 'n wonderlike Greys-katrol met drie ekstra spoele gewen. Die katrol het hy net so aan my oorhandig! Paul, ek haal my hoed af vir jou! Die katrol pas perfek by die mooie Echo-vliegstok wat Angling Pro Shop aan my geskenk het. Die forel in die Oos-Kaap sal moet bontstaan as ek eers weer tuis is!
Die swart kriek neem my baie jare terug, terug na Kafferrivierdam buite Bloemfontein. Hier het ek eendag, net ná 'n kwaai Hoëveld-donderstorm, om die dam geloop. Die plaas het daardie jare aan Dicky Botha-hulle behoort. Ons het oral in die vlak water vis gesien swem op soek na kos. By 'n sloepie het daar uit die veld 'n stroompie reënwater by die dam ingespoel. Hier het die geelvisse op en af gejag om goggas te vang wat in die lopende water beland het. Ons het onder 'n ou boomstomp 'n paar krieke gekry en sommer gou 'n dobbertjie met 'n stukkie dryfhout prakseer. Die hoek met die kriek aan het so 300 mm onder die dobbertjie gehang. Ek het die lyn naby die kant gegooi, net daar waar die stroompie ingekom het. Soos die lyn afgedryf het, het die geles dit met mening gegryp. Selfs 'n karp is met dié lekker happie geflous. Ek onthou dat ons as kinders baie graskrieke met seepwater uit hul gaatjies op die grasperk gehaal het om mee te hengel. Ek verkies om die kriekvlieg in vinnige water te hengel. Dan hengel ek skuins oor die stroom en stroomaf. Die geles vat hierdie vlieg so hard dat jy verseker nie 'n dobbertjie nodig het om die grypslag te sien nie.
Resep
Hoek: 6-12 langsteel
Gare: swart
Stert: swart hoenderveer
Lyf: swart wol ("dubbing")
Vlerk: swart hoenderveer
Pote: pouveer
Ogies: gebrande nylon of aanplak-ogies

Bindmetode
Stap1
Plaas die hoek in die klampie. Draai looddraad om die steel (opsioneel). Draai die gare oor die looddraad tot by die buig van die hoek. Bind of plak die ogies net voor die hoekogie in.

Stap 2
Knip twee repies uit 'n stewige hoenderveer en bind dit by die buig van die hoek in vir die stertjie.

Stap 3
Draai wol om die gare sodat dit 'n los worsie vorm. Jy kan byewas aan die gare smeer om die taak te vergemaklik maar dan raak die worsie maklik te kompak. Draai nou die worsie om die hoeksteel en vorm so die lyfie.

Stap 4
Knip 'n repie uit die hoenderveer. Dit moet wyd genoeg wees om te vou en oor die lyfie in te bind. Knip die punt in 'n V-vorm en bind die vlerk dan in.

Stap 5
Knoop die pote. Neem drie pouvere en maak 'n oorhandknoop. Knip nou twee af sodat die onderbeen dunner as die bobeen is. Bind weerskante van die steel in.

Stap 6
Draai weer 'n wolworsie om jou gare en draai dit versigtig om die hoeksteel. Bind af en vernis.

Hartlike dank aan almal wat die Brookwood-byeenkoms gereël het en gesorg het dat dit 'n sukses is!


Previous

Full magazine archive

Magazine Archive



December / Desember 2014
November 2014
October / Oktober 2014
September 2014
August / Augustus 2014
July / Julie 2014
June / Junie 2014
May / Mei 2014
April 2014
March / Maart 2014
February / Februarie 2014
January / Januarie 2014
December 2013
November 2013
October / Oktober 2013
September 2013
August / Augustus 2013
July / Julie 2013
June / Junie 2013
May / Mei 2013
April 2013
March / Maart 2013
February / Februarie 2013
January 2013
December 2012
November 2012
October 2012
September 2012
August 2012
July 2012
June 2012
May 2012
April 2012
March / Maart 2012
February 2012
January 2012
December 2011
November 2011
October 2011
September 2011
August 2011
July 2011
June 2011
May 2011
April 2011
March 2011
February 2011
January 2011
December 2010
November 2010
October 2010
September 2010
August 2010
July 2010
June 2010
May 2010
April 2010
March 2010
February 2010
January 2010
December 2009
November 2009
October 2009
September 2009
August 2009
July 2009
June 2009
May 2009
April 2009
March 2009
November 2008
January /Januarie 2001
June / Junie 2000
February Februarie 1960


The Kingfisher Rapala Sensation High Performance Gear Solomons Fishing Super Cast Outdoor Brands Adrenalin XS
The Kingfisher Rapala Sensation High Performance Gear Solomons Fishing Super Cast Outdoor Brands Adrenalin XS
The Kingfisher Rapala Sensation High Performance Gear Solomons Fishing Super Cast Outdoor Brands Adrenalin XS
The Kingfisher Rapala Sensation High Performance Gear Solomons Fishing Super Cast Outdoor Brands Adrenalin XS
The Kingfisher Rapala Sensation High Performance Gear Solomons Fishing Super Cast Outdoor Brands Adrenalin XS